OUDTSHOORN NUUS - Daar was hierdie week gegis dat die DA raadslede van Oudtshoorn Kaap toe ontbied is vir samesprekings met die DA se provinsiale bestuur.
Tertuis Simmers, kiesafdelingshoof van Oudtshoorn, het vanoggend bevestig dat die hele DA koukus gister in die Kaap was waar hulle met hom, verteenwoordigers van die streeksbestuur, provinsiale bestuur sowel as lede van die DA se federale bestuur vergader het.
Hy het navrae oor die inhoud van die samesprekings na die DA se provinsiale voorsitter, Anton Bredell verwys.
Daar word tans op ‘n reaksie van Bredell gewag. Dit het die afgelope aantal weke duidelik geword dat daar wrywing binne die DA koukus is en daar is ook sprake van onenigheid tussen die burgemeester, Colan Sylvester, en die munispale bestuurder, Allen Paulse.
Die speaker, Julia le Roux, en Allen Paulse, munisipale bestuurder.
Foto’s: Hannes Visser
Van die ANC raadslede het Maandag tydens die wanordelike raadsvergadering na dié onenigheid verwys in ‘n vraag oor kriminele klagtes wat deur die burgmeester gelê is.
Die Oudtshoorn Courant het onbevestigde inligting oor gister se vergadering ontvang, maar sal wag vir ‘n amptelike reaksie vanaf Bredell.
Intussen is inwoners bekommerd dat die binnepolitiek weereens dienslewering in die dorp kan kniehalter.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'