Update
OUDTSHOORN NUUS - Na die konsep vir die begroting en geïtegreede ontwikkelingsplan vanoggend in ‘n raadsvergadering ter tafel gelê is, kan die publieke deelname proses begin.
Volgens ‘n verklaring wat deur die munisipale woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, uitgestuur is het die publiek vanaf vandag 21 dae kans om hul kommentaar op skrif na die munisipale bestuurder en burgemeester se kantore te stuur.
Die finale konsep vir die begroting en die en geïtegreede ontwikkelingsplan moet teen einde Junie voor die munisipale raad dien.
Die imbizo’s vir die publieke kommentaar is geskeduleer vir die volgende datums:
Wyk 1, 2, 3 en 7: Maandag 3 Junie om 18:00 by die banketsaal op Oudtshoorn
Wyk 4 en 8: Maandag 3 Junie om 18:00 by die Bongolethu-gemeenskapsaal
Wyk 5, 7 en 13: Dinsdag 4 Junie om 18:00 by die St. Nicholas-kerksaal
Wyk 6: Dinsdag 4 Junie om 18:00 by die Toekomsrus-gemeenskapsaal
Wyk 9 en 10: Woensdag 5 Junie om 18:00 by die Dysselsdorp-gemeenskapsaal
Wyk 11: Woensdag 5 Junie om 18:00 by die Blomnek-gemeenskapsaal
Wyk 11 en 12: Donderdag 6 Junie om 18:00 by die banketsaal op Oudtshoorn
Wyk 2: Donderdag 6 Junie om 18:00 by Volmoed Primêre Skool
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'