Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Die Mej. Suid- Afrika, organisasie het vanoggend bekend gemaak dat Mia le Roux aan Mej Heelal onttrek.
"Dit is met diepe spyt dat ons die nuus deel dat Mia Le Roux, Mej. Suid-Afrika 2024, aan die Mej. Heelal-kompetisie onttrek a.g.v gesondheidsorg."
Mia Le Roux het gesê: "Ek is innig dankbaar vir die onwrikbare ondersteuning van Suid-Afrikaners tydens my tyd by Mej. Heelal. Die besluit was moeilik om te maak, veral omdat hierdie my droom was. Ek is egter innig dankbaar vir die geleentheid om op my gesondheid en herstel te fokus sodat ek kan voortgaan om my land ten volle te dien.”
Die Mej. Suid-Afrika Organisasie sê: "Mia het ongelooflike moed deur hierdie moeilike tydperk gewys. Haar gesondheid en welstand is egter ons hoogste prioriteit, en ons staan haar by sodat sy ten volle kan herstel."
Verwante artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’