Advertorial
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Nissan en Renault is een van die eerste handelaars in die land wat besluit het om die twee afdelings so te bestuur dat elkeen in sy eie handelsmerk spesialiseer.
Volgens Wynand Venter, handelaarshoof van Oudtshoorn Nissan en Renault het hy die besluit geneem om kwaliteit kliënte diens deur spesifieke opgeleide personeel te bied.
"Nou het ons twee verkoopsafdelings waar die konsultante kenners van hulle produk is. Ons het ook twee diensafdelings waar Nissan en Renault-kenners afsonderlik hulle voertuie diens."
"Die terugvoer wat ons van Nissan SA en Renault SA ontvang het is baie positief wat my oortuig dat ons die regte ding doen om beide marksegmente te bevorder met gespesialiseerde kwaliteit diens.
Jo-Marie de Kock is verantwoordelik vir Renault verkope terwyl Datsun en Nissan verkope deur twee nuutaangestelde konsultante, Johan Strauss en Quintin Boshoff behartig word.
In die diensafdeling is Derick Bance en Jaco van der Westhuizen, wat pas die Renault COTECH kwalifikasie behaal het, aan die stuur van onderskeidelik die Nissan en Renault werkswinkels.
Johan Strauss (links) en Quintin Boshoff het hierdie week as verkoopskonsultante (Datsun en Nissan) ingeval. Inlas: Wynand Venter wens Jaco van der Westhuizen geluk met die tegniese kwailifikasie wat hy met vlieënde vaandels by Renault verwerf het.
ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'