Update
PRINS ALBERT NUUS - Volgehoue pogings om korrupsie uit staatsdepartemente te verdryf het vrugte af gewerp na vyf verdagtes op 26 Mei in verband met beweerde rybewysbedrog in hegtenis geneem is.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die verdagtes verkeersbeamptes van Prins Albert en eienaars van bestuurskole en kom hulle van sover as Oos-Londen.
Die verdagtes het na bewering vergoeding in ruil vir rybewyse ontvang.
Beamptes van die provinsiale kommersiële misdaadondersoekspan en die Wes-Kaapse departement van vervoer het die operasie gelei. Nege verdagtes tussen die ouderdomme van 34 en 61 is op 18 Februarie in Oudtshoorn in hegtenis geneem.
Volgens Pojie het die ondersoekspan, saam met lede van die kubermisdryf-eenheid en misdaadintelligensie, nog verdagtes se huise deursoek en op 26 Mei 'n verdere vyf verdagtes in Cradock, Queenstown, Humansdorp en Beaufort-Wes in hegtenis geneem.
Een van die verdagtes is 'n voormalige verkeershoof van Prins Albert, 'n verkeersbeampte en drie eienaars van bestuurskole in die Oos-Kaap.Die vyf verdagtes tydens hul verskyning verlede Donderdag in die hof. Foto's: verskaf
"Die verdagtes het hul eerste verskyning Vrydag 27 Mei in die Prins Albert-landdroshof gehad. Hulle verskyn op aanklagte van die oortreding van die Padverkeerswet, bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.
Borgtog van R3 000 elk is aan hulle toegestaan en die saak is tot 19 Julie uitgestel.
Vorige artikels:
- 11 in Bedrogsaak verskyn in hof
- Nege persone vas vir bedrog
- Personeel by verkeersdepartement in hegtenis geneem
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'