OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van die vragmotor, wat op 19 Augustus op die hoek van Kerk- en Randstraat, in 'n botsing met 'n motorfiets betrokke was en van strafbare manslag en versuim om ná 'n ongeluk stil te hou aangekla word, het Maandag weer vlugtig in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Jay-Dee Klue, die motorfietsryer, is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Die 33-jarige Buswe Mtshemba, het hom later die dag aan die polisie oorgegee en is op 20 Augustus borgtog van R500 toegestaan.
Staatsaanklaer, Danielle van der West-huizen, het die hof Maandag vir finale uitstel gevra omdat ongeluksveslae nog uitstaande is.
Die saak is tot 27 Oktober uitgestel en Mtshemba se borgtog is tot dan verleng.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’