Update
BEAUFORT-WES NUUS - Die saak teen ‘n man van Beaufort-Wes, wat teregstaan op ses aanklagte van veediefstal en drie van bedrog, is in die Oudtshoorn-streekhof vir voortsetting tot 11 Mei, en wel in die Beaufort-Wes-streekhof, uitgestel.
Reagan Adams, wat sy eie verdediging waarneem, word daarvan aangekla dat hy in 2018 meer as 115 skape van boere in die Prins Albert en Beaufort-Wes-omgewing gesteel het.
Hy het sy eie besigheid bedryf en na bewering die skape op verskeie plase opgelaai met voertuie en sleepwaens wat hy gehuur het, en daarna aan andere verkoop.
Adams pleit onskuldig op al die aanklagte teen hom. Die staatsaanklaer, Corné Pretorius, het versoek dat die saak in Beaufort-Wes voortgesit word omdat die meeste staatsgetuies in daardie omgewing woonagtig is.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’