BEAUFORT-WES NUUS - Borgtog is verlede week vir 'n tweede keer geweier aan 'n man wat tereg staan op ses aanklagte van veediefstal en drie van bedrog.
Reagan Adams word daarvan aangekla word dat hy by ses geleenthede meer as 115 skape van boere in die Prins Albert- en Beaufort-Wes-omgewing gesteel het.
Hy is al vroeër borgtog geweier en verlede week met nuwe feite vir 'n tweede keer probeer.
Streeklanddros Daniel Boks het egter bevind dat dit slegs 'n herhaling van die eerste aansoek se feite is.
Hy het 23 skape ter waarde van R36 800 van Lourens Hattingh gesteel, 27 skape ter waarde van R37 800 van Stephanus Schoeman, sewe skape ter waarde van R10 500 van Christo Wright, 42 skape ter waarde van R50 400 van Ross Henderson en 16 skape ter waarde van R24 000 van Johannes Arnolds.
Die saak is tot 24 Februarie uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'