Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen elf verdagtes, ses verbonde aan die Oudtshoorn-verkeersdepartement en vyf van twee ryskole, wat teregstaan op aanklagte van korrupsie, bedrog en oortreding van die Padverkeerswet, is in die streekhof vir pleit en verhoor tot 8 September uitgestel.
Streeklanddros Ntsoki Moni het die borgtog van R5 000, sowel as die borgtogvoorwaardes, van Noloyizo Tose (38), Thabo Mgaba (42), Sandile Johnson (44), Warren Coetzee (45), Yolande Stalmeester (34), Phumezo Tshomiso (35), Samuel van Hansen (45), Promises Sovasi (39) en Xolile Gaya (39) verleng.
Ivan Human (60) en Ingrid Wagenaar is om mediese redes op waarskuwing vrygelaat.
Die saak hou verband met beweerde onwettige uitreiking van leerlinglisensies en rybewyse.
Vorige artikels:
- Verkeerssaak tot Maart uitgestel
- Rybewyssaak uitgestel
- 11 in Bedrogsaak verskyn in hof
- Nege persone vas vir bedrog
- Personeel by verkeersdepartement in hegtenis geneem
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’