`n Kringbestuurder is daarna vir etlike ure by die skool aangehou tot `n amptenaar van die onderwysdepartement voldoende antwoorde aan ouers kon verskaf.
Met hul terugkeer na `n drie-weke vakansie, het leerders en personeel gevind dat die skool se watertoevoer afgesny is. Waterpype, vensterrame, deure na klaskamers en badka-mers, wasbakke en selfs `n lugreëlaar asook die staalkas wat dit moes beskut, het voete gekry. Vandale het toegang tot die skoolsaal gekry en nog kragdrade gestroop. Die kragpunte en skakelaars in verskeie klaskamers is vernietig.
Die skool se ouers en beheerliggaam is met geen ander keuse gelaat nie, het Desmond George, voorsitter van die skool se beheerliggaam, vertel.
Aurial Kollege het die afgelope jaar reeds etlike kere onder plunderaars en vandale deur-geloop waarna indringende samesprekings met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) gevoer is (Skool stuk-vir-stuk afgebreek, Oudtshoorn Courant, 23 Mei 2014). Amptenare van die WKOD het aangedui dat die skool bygestaan sou word met herstelwerk en sekuriteit sou verskerp word.
Dit het egter nie gebeur nie.
"Maandagoggend was daar nie water in die skool nie en menslike ontlasting het in een van die klaskamers gelê. Die departement het bloot gesê dat onderrig moet voortgaan. Teen Dinsdag moes ons egter die skool sluit en eers die herstelwerk doen," het George verduidelik.
Waterpype is weer aangebring, maar die volgende dag is dit weer gesteel.
Benewens hul kommer oor die veiligheid van leerders en personeel, aangesien enigeen vrye toegang tot die skoolterrein kan kry, bied die naderende matriekeindeksamen nou `n groot struikelblok.
Dit blyk egter dat die optrede uiteindelik tot `n oplossing gelei het. Geld is deur die onderwysowerhede beskikbaar gestel vir herstelwerk asook sekuriteit by die skool.
Op `n navraag deur die Oudtshoorn Courant, het die WKOD se woordvoerder, Jessica Shelver, as volg gereageer:
"The provincial government published a tender in June this year to repair classrooms and the fence at Aurial College.
The WCED has approved a budget of R5 million for the project. Meanwhile, vandals struck again during the July holiday, stealing water pipes from the school. The school had to close for two days while the pipes were replaced. Thieves vandalised the school again once these repairs had been completed. Contractors expect to complete the latest repairs by tomorrow (30 July 2014). The department approved additional security before the start of the holiday, and is investigating why the school did not appoint a security company, as required. The school has now done so and the security services should be in place by tomorrow. The department is in the process of replacing mobile classrooms damaged by fire last term. The situation at Aurial College is completely unacceptable. We should be spending this money on improving opportunities for children. Instead, we have to divert resources to repairs and additional security. Those stealing and damaging these resources are stealing from our children. We appeal to anyone who can assist in identifying those responsible to alert the police."
Desmond Maarman, verbonde aan die onderwysdepartement, spreek ouers Maandag toe. Foto's: Jacques Swart
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'