OUDTSHOORN NUUS - Twee voetgangers is vanmiddag, Maandag 13 Januarie in twee onderskeie voorvalle raakgery.
In die eerste voorval in Dassieweg onderweg na Smartietown is 'n man raakgery. Oudtshoorn-polisie, asook nooddienste was op die toneel.
Nadat hy gestabiliseer is, is hy per ambulans na die naaste hospitaal vervoer. Heelwat inwoners het rondgestaan nadat dit gebeur het.
In die tweede voorval is 'n gestremde persoon in Baron van Reede straat raakgery en was nooddienste blitsig op die toneel.
Die aard van die persoon se beserings is nie bekend nie, maar was 'n ambulans wel op die toneel en was nooddienste-personeel besig om die persoon te stabiliseer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’