Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vier mans wat op 19 Julie 2021 ‘n sekerheidswag van Fidelity by die Bridgton-vulstasie van sy vuurwapen en R86 000 kontant beroof is, is gister, 23 Februarie, gesamentlik tot 46 jaar gevonnis.
Masixole Dolomba (30), Simphiwe Matwa (44), Lwandiso Lento (37) is op 19 Julie, kort na die roof, aan George se kant van die Outeniquapas in hegtenis geneem. Sakhele Nkabi (38) is op 23 Julie in hegtenis geneem.
Matwa, Masixole en Lento en Nkabi is op 14 Februarie vir roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.
Hulle is vrygespreek op die ander drie aanklagte: die onwettige besit van vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die onwettige besit van verbode vuurwapens.
Die toneel by die vulstasie waar die roof plaasgevind het.
Matwa en Nkabi is tot 13 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis, terwyl Dolomba en Lento tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis is.
Mathipa Makgato, provinsiale hoof van die Valke, het sy dankbaarheid uitgespreek oor die samewerking tussen die ondersoekspan van die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag om te verseker dat die misdadigers nie ongestraf bly nie.
Vorige artikels:
- Transitorowers skuldig
- Transitoroofsaak nader einde
- Nog 'n kinkel in transitoroof se kabel
- Vermeende transitorowers wil appelleer
- Transitoroof: Borgtog aan al 4 geweir
- Transitoroof: Saak weens Covid uitgestel
- Transitoroof: Saak vir uitspraak uitgestel
- Borgtogaansoek op 17 Augustus voort
- Beweerde transitorowers voor vir borgtogaansoek
- Weermag kaptein doen in Augustus aansoek om borgtog
- Oudtshoorn soldier 4th suspect in heist
- Opvolg: Gesteelde geld teruggevind
- Rowers teiken geldwa
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’