Update Video
CALITZDORP NUUS EN VIDEO'S - Die Sprinkaanplaag in Calitzdorp is nog nie verby nie en kan moontlik nog Oudtshoorn bereik.
Volgens Lohan Fourie, 'n boer is die Calitzdorp-omgewing, lyk dit soos stofwolke op die plaas soos die sprinkane besig is om te trek.
"Ons was seker daarvan ons het 'n redelike duik gemaak na ons die gif gespuit het, maar vanmiddag lyk dit nie so nie. Hulle beweeg nou na die Kangovallei."
Fourie sê hulle gaan vanaand weer spuit.
"As hulle trek, word hulle weer net iemand anders se probleem. So ons probeer hulle sover moontlik beheer."
VERSKAFDE VIDEO:
VERSKAFDE VIDEO - By Kombuisplaas in Schoemanshoek:
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'