Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van die Smartietown-omgewing het vanoggend buitebande by die sirkel in Dassieweg aan die brand gesteek as deel van 'n protesaksie teen dienslewering.
Volgens lede van die Smartietown Action Group is dit die tweede protesaksie in twee maande.
"Ons het geen keuse om weereens te betoog nie, omdat daar nie na ons griewe geluister word nie. Die gemeenskap soek ordentlike dienslewering wat voorsiening maak vir stormwater, voorsiening van noodmateriaal, dakke wat nat is wat 'n gesondheidsrisiko inhou, straatbeligting om misdaad te verminder, swak paaie asook informele nedersettings wat steeds geen toilette of water het nie."
Foto's: Smartietown betoog teen dienslewering
Die Oudtshoorn-polisie monitor tans die situasie.
Motoriste word aangeraai om nie Dassieweg te gebruik nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'