Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Grobbelaarsrivier-skoonmaak-projek van die Oudtshoorn-munisipaliteit is steeds op ys.
Die projek, wat vroeër vanjaar begin het, is reeds in Maart gestaak om te verseker dat alle omgewingswetgewing nagekom word soos ontvang vanaf die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.
Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het dié week gesê die munisipaliteit is tans in die proses om 'n gekwalifiseerde assesseringspraktisyn aan te stel om 'n formele rehabilitasieplan ter tafel te lê.
"Die rehabilitasieplan sal 'n holistiese omgewingsaanslag bevat in lyn met riglyne ontvang vanaf CapeNature en ander rolspelers."
Volgens Mle behels 'n deel van die proses dat inwoners en besighede langs die Grobbelaarsrivier, veral in gebiede waar die aanvanklike skoonmaak reeds gedoen is, dadelik moet rapporteer as daar enige probleme met rotte, muise, muskiete, kakkerlakke, termiete ensovoorts sodat verdere ondersoek ingestel kan word.
"Die gemeenskap se samewerking word gevra dat die rehabilitasieplan alle nodige gesondheid- en omgewingskwessies en probleme aanspreek."
Ten slotte noem Mle dat die munisi-paliteit die Grobbelaarsrivier op 'n verantwoordelike en volhoubare manier wil herstel en sal deurentyd die nodige inligting verskaf soos die proses verloop.
Inligting en voorstelle kan aan Ambrose Carelse by ambrose@oudtmun.gov.za gestuur word.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’