Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n vrou van Bongolethu, wat met dwelms van sowat R1,4 miljoen in haar besit gearresteer en van handel in dwelms aangekla word, is Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof vir verdere ondersoek tot April uitgestel.
Khanyisa Mfumbe (35) is op 30 Desember verlede jaar op die Unie Plein-taxistaanplek in hegtenis geneem.
Die Attaqua honde-eenheid van die polisie was besig met 'n operasie toe die verdagte optrede van 'n vrou hul aandag getrek het.
Sy het probeer om 'n groot tas met 9 000 Mandrax-tablette en ses pakkies tik te versteek.
Landdros Marvin de Vos het borgtog van R10 000 aan Mfumbe toegestaan op voorwaarde dat sy onder meer nie kontak maak met staatsgetuies nie, en elke Maandag en Vrydag tussen 06:00 en 18:00 by die Bongolethu-polisiestasie aanmeld. Sy moet weer op 29 April in die hof verskyn.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'