OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag nadat die liggaam van 'n 36-jarige vrou Saterdag 23 Maart in Dassieweg, Bridgton in Oudtshoorn gevind is.
Volgens sers. Christopher Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die vrou se liggaam omstreeks 21:00 die aand deur 'n verbyganger gevind.
"Die verbyganger het die vrou se liggaam op die sypaadjie opgemerk en die owerhede in kennis gestel. Die liggaam is met veelvuldige beserings gevind en mediese personeel het die vrou later op die toneel dood verklaar," het Spies gesê.
Volgens Spies dui die voorlopige ondersoek daarop dui dat die slagoffer deur 'n voertuig getref is, en dat die voertuig nog opgespoor moet word.
Enige persoon met inligting oor die ongeluk word versoek om die ondersoekbeampte, Wilfred Apollis, by 044 203 9210 te skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’