Volgens Gelant is daar nou grootliks weggedoen met die sensasie wat `n groot fokuspunt was in die eerste jaar van die fees en is daar vanjaar groter klem geplaas op die meer belangrike werksaamhede wat met die fees gepaardgaan. "My doelwit van die begin af was om waarde te voeg tot die lewens van jongmense, om bewusmaking te skep oor diversiteit en om `n wesentlike verskil in die samelewing te maak," het Gelant vertel.
Die fees is Sondag afgesluit met `n Kersete vir 50 kinders van verskeie behoeftige gemeenskappe in die dorp. Gereelde sopkombuise deur die jaar in Riemvasmaak is ook na ander gemeenskappe uitgebrei. Gelant vertel dat sulke aksies aangebied word as `n manier om die gemeenskap te bedank vir hul aanvaarding van mense van alle seksuele oriëntasies."Ons beoog ook om opvoedingsprogramme vir kinders aan te bied," het Gelant vertel. "As bestuurder van die organisasie voel ek dat kinders altyd ons fokuspunt moet wees." Madiba was ook verlede naweek deurentyd in hul gedagtes deurdat almal wat aan Saterdag se parade deelgeneem het, swart bandjies aan hul arms gedra het. "Dit was belangrik vir ons om Tata Madiba te onthou, veral ook omdat hy soveel vir kinders beteken het."
Die nuwe toevoegings tot vanjaar se fees, `n Mnr. en Me. Tiener asook miss toddler het reeds daarin geslaag om meer jongmense te betrek.
Vanjaar se suksesvolle fees het Gelant aangespoor om volgende jaar selfs meer projekte aan te pak. Bemagtigingsprojekte met onder andere groentetuine en werkskeppingsprojekte is in die pyplyn.
Gelant bedank vir Christine Muller, alle donateurs en borge en almal wat deelgeneem het om vanjaar se fees suksesvol te maak.
Die datum vir die 2014 fees word ook vroeg in Januarie bekend gestel met `n bekendstellings-program wat die asems sal wegslaan.
Belangstellendes word uitgenooi om Gelant te kontak by 079 951 9799 of vir Maylene April (sekretaresse) by 078 534 6351 of vir Laché Stuurman (assistent-voorsitter) by 081 872 1199.

Deelnemers en beoordelaars van die skoonheidskompetisies wat in die Bridgton Senior Sekondêre Skool se saal aangebied is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'