Update
OUDTSHOORN NUUS - Die pastoor van Oudtshoorn wat van verkragting en molestering van twee minderjariges, vyftien jaar gelede, aangekla word, het verlede Dinsdag weer vlugtig in die streekhof verskyn.
Die 59-jarige man is laat verlede jaar by sy huis in Wesbank op vyf aanklagte in hegtenis geneem - twee van verkragting en drie van seksuele aanranding wat na bewering in 2003 plaasgevind het toe die klaagster 13 jaar oud was.
Hy is op 15 Oktober deur landdros Johan Steynberg borgtog van R10 000 toegestaan.
Streeklanddros Daniel Boks het die saak vir afskrifte van die dossier en konsultasie tot 17 Mei uitgestel en die beskuldigde se borg en borgtogvoorwaardes tot dan verleng.
Hy mag onder meer nie met die twee klaagsters kontak maak nie.
Lees vorige artikels:
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'