Update
OUDTSHOORN NUUS - Die 58-jarige pastoor wat in Oktober verlede jaar op verkragting en seksuele molestering in hegtenis geneem is, het verlede Vrydag weer in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Die pastoor, van 'n gemeente op Oudtshoorn, is verlede jaar by sy huis in Wesbank in hegtenis. Hy staan tereg op sewe klagtes wat met seksuele misdrywe verband hou. Hy is op 15 Oktober op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Ao. Fanie le Roux, die ondersoekbeampte, het tydens die borgtogaansoek in detail oor die meriete van die saak getuig.
Volgens hom het die eerste klaagster vir twee weke by die pastoor en sy vrou gewoon en die voorvalle het in daardie tyd gebeur.
Volgens Le Roux het die pastoor die klaagster by sy kantoor asook die kerk verkrag en betas.
Die tweede klaagster is in die pastoor se woning sowel as die kerk verkrag en betas.
Le Roux het ook tydens die borgtogaansoek gesê dat die onsedelike aanrandings van die tweede klaagster moontlik al begin het toe sy vyf jaar oud was.
Landdros Johan Steynberg het die saak na 1 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.
Lees vorige artikels hier:
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'