Update
OUDTSHOORN NUUS - Mlandeli Nyuka, onderburgemeester van die groter Oudtshoorn-distrik en Suid-Kaap Saamstaan-raadslid, is steeds in aanhouding nadat hy op Sondag 2 Oktober, in gehegtenis geneem is.
Nyuka het op Donderdag 6 Oktober, weer in die hof verskyn waar hy bevestig het dat hy sy eie verdediging sal waarneem.
Oudtshoorn-burgemeester, Chris Macpherson, het by monde van sy media- en kommunikasiebeampte, Hannes Visser, gesê dat Nyuka weer op Dinsdag 18 Oktober, vir 'n formele borgtogaansoek sal verskyn.
Visser het bygevoeg dat die burgemeesterkantoor op hierdie stadium nie kommentaar kan lewer nie en sal wag dat die regsproses sy gang gaan wat dan sal bepaal of die onderburgemeester se borgtogaansoek sal slaag, al dan nie.
Vorige artikels:
- Burgemeester besorg oor ‘kwelpunte’ in voorbladberig
- Onderburgemeester Nyuka in tronk
- Burgemeester bewus van klagtes teen onderburgemeester Nyuka
- R30 000-omkoopbom bars
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'