Update
OUDTSHOORN NUUS - Die pastoor wat in Oktober verlede jaar op sewe aanklagte van verkragting en seksuele aanranding by sy huis in Wesbank in hegtenis geneem is, het Woensdag weer in die Oudtshoorn-streekhof verskyn.
Staatsaanklaer adv. Michelle Weyers, het die hof om uitstel gevra omdat daar moontlik nog klagtes bygevoeg kan word.
Landdros Daniël Boks het die saak tot 11 Junie uitgestel en gesê weens die moontlike byvoeging van klagtes kan die hof nog nie 'n verhoordatum bekend maak nie.
Die Oudtshoorn Courant het verlede jaar berig het die eerste voorvalle reeds in 2003 plaasgevind het toe die klaagster 13 jaar oud was. Die tweede klaagster se voorvalle het in 2013 en 2015 plaasgevind.
Hy is op 15 Oktober op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'