OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn MOTH Halfaya Pass Shellhole het Vrydag 26 September oudveterane, wat inwoners is van Helen Bellinganhof tehuis vir bejaardes besoek.
Daar is spesiale pakkies met toiletware oorhandig.
Die Memorable Order of Tin Hats, waarvoor die Moth Shellhole staan, ondersteun sedert 1927 weermag- en polisieveterane, aktiewe lede en ondersteuners.
Daar is verskeie vlakke in die organisasie wat landwyd bestaan met ongeveer 3 000 lede. Die MOTH-hoofkwartier is na die eerste wêreldoorlog te Warriors Gate in Durban op 7 Mei 1927 op die beginsels van: ware kameraadskap, onderlinge hulp en opregte nagedagtenis gestig.
Vorige berigte:
- Gestorwe soldate se grafte netjies gemaak
- Oudtshoorn MOTH-klub vier 32 jaar
- Halfaya Pass Shellhole celebrates Day or Rememberance
- Projek Rooivalk voltooi hul vasbyt in ODN
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’