OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn MOTH Halfaya Pass Shellhole, het Woensdagaand, 9 Oktober, hul 65ste bestaansjaar gevier tydens 'n gesellige geleentheid by die klub.
Die huidige Shellhole in Hoogstraat, is in September 1992 in gebruik geneem waar hulle tans hul byeenkomste hou.
Die oorspronklike Shellhole is gestig deur oudsoldate van die omgewing wat gedien het tydens die Tweede Wêreld- oorlog van 1945 te Halfaya Pass in Egipte.
Die 'Memorable Order of Tin Hats', waarvoor die Moth Shellhole staan, ondersteun sedert 1927 weermag- en polisieveterane, aktiewe lede en ondersteuners.
Daar is verskeie vlakke in die organisasie wat landwyd bestaan met ongeveer 3 000 lede.
Die MOTH-hoofkwartier is na die eerste wêreldoorlog te Warriors Gate in Durban gestig op 7 Mei 1927 op die beginsels van: ware kameraadskap, onderlinge hulp en opregte nagedagtenis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’