Update
DYSSELSDORP NUUS - Die saak teen 'n man van Dysselsdorp wat van moord op sy saamleefmaat aangekla word, is Donderdag in die Oudtshoorn-landdroshof vir 'n streekhofdatum tot later die maand uitgestel.
Die 36-jarige Norman Avontuur, aan wie borgtog geweier is, het glo sy saamleefmaat, die 32-jarige René Swartbooi, op Sondag 7 April, so ernstig aangerand dat sy aan haar beserings beswyk het.
Hulle het die betrokke middag saam met ander vriende gekuier toe Avontuur glo kwaad geword het omdat Swartbooi met een van die mans gestaan en gesels het.
Hulle was in 'n woordewisseling en Swartbooi het later geloop.
Avontuur het haar agtervolg en na bewering aangerand.
Hy het met sy terugkeer aan Nico Tieties en sy susters gesê om na Swartbooi te gaan kyk.
Avontuur het Swartbooi later huis toe gedra en sy is die nag oorlede.
Landdros Theo-lin November het die saak tot 24 Junie uitgestel.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'