OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Wes-Kaapse regering het sy beursie oopgemaak om munisipaliteite binne die Eden-distrik 'n finansiële hupstoot te gee om volhoubaarheid te verseker.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van finansies, het Woensdag 19 en Donderdag 20 Julie munisipaliteite binne Eden besoek om eerstehands die finansiële stand van sake, asook onderhoud aan infrastruktuur en ander dienslewering te ontleed.
By die Eden-distriksmunisipaliteit het dr. Meyer met hoë profiel amptenare, direkteure en raadslede van al die Eden-munisipaliteite vergader.
By die vergadering het hy aangekondig dat die Wes-Kaapse regering in sy 2017/2018 begroting R4 miljard begroot het vir werkskeppingsprojekte binne Eden, asook om groei te verseker en ander projekte, soos die bemagtiging van die jeug aan te moedig.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'