Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Jong man van Dysselsdorp, wat 'n 63-jarige man met 'n klip doodgekap het, is in die Oudtshoorn-streekhof skuldig bevind aan moord.
Justin Baartman (22) het aangevoer dat hy uit selfverdediging opgetree het toe hy die oggend van 23 Januarie 2020 vir Klaas Campher in die veld naby Bokkraal verskeie kere met 'n klip in sy gesig en op sy kop gekap het.
Baartman het getuig dat Campher hom eerste met 'n klip aangeval het, maar sy weergawe is deur streeklanddros Sylvia Mandla verwerp.
Die hof het bevind dat hy kwaad was vir die oorledene en sy eie lewe nie in gevaar was wat hom gedwing het om homself te verdedig nie. Mandla het die saak vir vonnis tot 20 April uitgestel.
Baartman se borgtog van 'n duisend rand is tot dan verleng.
Lees vorige artikels:
- Jong man vir moord op bejaarde in hof
- Jong man vir moord op bejaarde in hof
- Plakkaatoptog na moord in Dysselsdorp
- 64-jarige met klip doodgeslaan
- Moord op Dysselsdorp
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'