Update
OUDTSHOORN NUUS - Die pastoor wat verlede jaar op aanklag van verkragting en seksuele molestering in hegtenis geneem is, se saak is Dinsdag weer uitgestel.
Landdros Daniël Boks het die saak tot 11 September uitgestel.
Die pastoor, van 'n gemeente op Oudtshoorn, is verlede jaar by sy huis in Wesbank in hegtenis geneem. Hy staan tereg op sewe aanklagte wat met seksuele misdrywe met minderjariges verband hou. Hy is op 15 Oktober op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Tydens sy verskyning in Julie het adv. Michelle Weyers, wat vir die staat optree, aan die hof gesê dat daar moontlik nog klagtes gevoeg kan word en dat die staat sowel as die verdediging eers deur die bewysstukke moet werk.
Die saak is Dinsdag uitgestel omdat hulle nog nie heeltemal klaar is met die nuwe bewysstukke nie. Landdros Daniël Boks het gesê dat daar 30 bewysstukke is en dat die nuwe klagtes met pornografie verband hou.
Christo van der Bergh is die pastoor se regsverteenwoordiger. Die pastoor se naam is aan die Oudtshoorn Courant bekend, maar kan nie bekend gemaak word voor hy nie gepleit het nie.
Lees meer hieronder: