DYSSELSDORP NUUS - Gerika Daniels (30) het Maandagaand, 3 Maart, in Tygerberg-hospitaal gesterf weens komplikasies.
Sy het op 1 Februarie derdegraadse brandwonde opgedoen nadat die opslaanstruktuur waarin sy en haar dogtertjie, Eshline (18 maande) gewoon het, afgebrand het.
Haar toestand die afgelope maand was baie wisselvallig.
Sy het ook twee veloorplantings gehad. Sy het egter op 'n stadium longinfeksie en longontsteking opgedoen wat later verbeter het.
Dora Davids, Gerika se tannie, wat tans na Eshline (18 maande) omsien, het gesê Gerika se toestand het Maandagmiddag drasties versleg. Sy en Eshline is Maandag Kaap toe.
Gerika word oorleef deur haar 11-jarige seun, Kaylo en Eshline. Haar ouers is reeds jare gelede oorlede. Tans sien familie om na beide kinders. Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog nie bekend nie.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’