Update
DE RUST NUUS - 'n Groepie inwoners van De Rust het Saterdagoggend, 15 Augustus, voor Klein Karoo Agri bymekaargekom om malvasteggies weerskante van die hoofpad te plant.
Die plantdag sou Maandag 10 Augustus plaasgevind het, maar is as gevolg van reën en koue tot Saterdag uitgestel.
Die inwoners het honderde steggies in gate geplant wat voorberei is met kompos wat deur Agri Klein Karoo geskenk is.
Volgens Marita Serfontein, een van die koördineerders van die Mal'va De Rust-projek, was daar teen Saterdag reeds sowat 3 000 malvasteggies op verskeie plekke in die dorp geplant.
Die ingang van De Rust was Saterdag die fokusarea en daar word beplan om die oorblywende steggies regdeur die dorp langs die hoofstraat te plant.
Die amptelike bekendstelling van die Mal'va De Rust-projek vind tydens Erfenisnaweek vanaf 24 tot 26 September in die dorp plaas. Die volledige program sal eersdaags bekendgemaak word.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’