OUDTSHOORN NUUS - Jamy de Bruyn, 'n gr. 8-leerder van Aurial College in Oudtshoorn, het op 14 Oktober aan die jaarlikse Spelling Bee-kompetisie deelgeneem wat deur die Oudtshoorn-munisipaliteit aangebied is.
Sy het nie net as wenner in die gr. 8-kategorie weggestap nie, maar ook die gesogte trofee as algehele wenner van die kompetisie gewen.
Jamy se Afrikaans huistaal-onderwyser, Bernadine Muller, sê sy is besonder trots op haar prestasie en beskryf haar as 'n skerpsinnige leerder met 'n opregte liefde vir taal.
Sy het deur die loop van die kompetisie uitmuntende spelvaardighede en 'n indrukwekkende taalkennis gedemonstreer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’