OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van Rosebank het Maandag buitebande gebrand na 'n man, wat ook in Rosebank woon, na bewering 'n onwettige huiswinkel wou opslaan.
Volgens die eienaar van een van die huiswinkels mag net huiseienaars huiswinkels hê, maar is daar egter huiseienaars wat na bewering onderverhuur aan buitelanders.
'n Navraag is aan die munisipaliteit gestuur oor hoe die proses om 'n huiswinkel te besit werk en of onderverhuring toegelaat word, maar dit is nog nie geantwoord nie.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
Die struktuur van die nuwe huiswinkel wat in Rosevalley opgerig word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'