Mense by omliggende besighede sê dat die stropers veral vanaf verlede Dinsdag hope en hope material van die gebou verwyder het en na naburige skrootwerwe gekarwei en verkoop het.
Die polisie het op ‘n stadium die groep uiteen gejaag, maar een van hulle het gesê hulle wag maar net ‘n rukkie dan gaan hulle terug want die gebou is klaar stukkend en niemand wil hom meer hê nie.
Sover vasgestel kan word is die eienaar van die gebou in Johannesburg.
Teen gistermiddag was nog net die staalgeraamte van die gebou oor.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.

Teen Maandagmiddag was nog net die staalgeraamte van die gebou oor. Die gebou het binne drie weke tot op hierdie punt verdwyn met plate, vensterrame, heinings en hekke wat aan skrootwerwe verkoop word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'