Update
LADISMITH NUUS - Shintino van Wyngaardt, die sewejarige seun wat vroeër die maand wreed vermoor is, word volgende naweek begrawe.
'n 16-jarige is vir sy moord in hegtenis geneem.
Die Oudtshoorn Courant het berig dat Shintino by 'n dam met 'n harde voorwerp aangerand is en toe verder die veld ingedra is. 'n Vlambare vloeistof is daarna oor hom gegooi en hy is toe in 'n vlak graf begrawe.
'n Begrafnisondernemer, Lundi Joxo van Lundi Joxo Funeral Home van Oudtshoorn, het aangebied om Van Wyngaardt te ruste te lê.
Joxo sê die berig oor die seun se afsterwe het hom geweldig ontstel en wou hy graag iets vir die familie doen.
"Ek het die skool gebel en gevra of hulle 'n begrafnispolis het. Ek wou die ma se laste minder maak," het hy gesê.
Volgens Shanique, Shintino se ma, word hy op 7 Mei vanuit die Hoeko Primêr se skoolsaal begrawe. Die diens vind om 11:00 plaas.
Wyle, Shintino van Wyngaardt.
Vorige artikels:
- 16-Jarige vas vir moord
- 16-Jarige vas vir moord op Santino
- Liggaam moontlik die van klein Santino
- Seun se verkoolde liggaam in Hoeko gevind
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'