Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen tien verdagtes wat aangehou word in verband met 'n gewapende rooftog by die SWD Groentemark op in Oktober verlede jaar, is in die streekhof tot 29 Julie uitgestel nadat 'n lasbrief vir die jongste van hulle, wat weer nie by die hof was nie, gemagtig is.
Die tien mans word daarvan aangekla dat hulle op 22 Oktober verlede jaar werknemers van die groentemark met vuurwapens gedreig, vasgebind en van sowat R30 000 en vyf selfone beroof het.
Die eerste agt verdagtes is nog dieselfde dag naby Prins Albert in hegtenis geneem met al die geld, vuurwapens en selfone in hul besit, en die ander twee 'n paar dae later.
Die staatsaanklaer, Brandon Smith, het die hof verlede Woensdag versoek om 'n lasbrief te magtig vir die inhegtenisneming van die agtienjarige verdagte van Kaapstad aan wie vroeër borgtog toegestaan is, en Woensdag vir 'n derde keer, nie sy opwagting by die hof gemaak het nie.
Vorige artikels:
- Borgtog aan vermeende rowers geweier
- Groentemarksaak uitgestel
- Borgtogsaak van 10 volgende week
- Gewapende rowers binne ure vas
- Vermeende rowers vas
- Nog 'n gewapende roof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'