OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant is op die toneel waar nog 'n gewapende roof plaasgevind het.
Volgens sersant Gretchen Micheals, polisie-woordvoerder, het agt mans vanoggend aan die agterkant van SWD Groentemark aan Jonesstraat se kant ingekom en twee vuurwapens op die werkers gerig.
Hulle het van die werkers met kabelbinders vasgebind en ongeveer R30 000 kontant en vyf selfone gesteel.
Hulle het in 'n wit Quantum-bussie met 'n Oos-Kaap-registrasienommer gevlug.
Indien enigiemand so 'n bussie sien, moet hulle asseblief die polisie op 044 203 9000 skakel. Na wat verneem word, is die bussie in De Rust se rigting onderweg.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Die man het aan die agterkant van SWD Groentemark aan Jonesstraat se kant ingekom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'