Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Hannes Visser, oudredakteur van die Oudtshoorn Courant, skrywer en mede-eienaar van Turksvy Publikasies, het Saterdag 3 Desember 'n tweede uitgawe van sy digbundel, die jaar toe pa... bekend gestel.
Gert Vlok Nel het saam met hom op die verhoog opgetree en van sy liedjies - met kitaar en mondfluitjie - opgevoer.
Die gehoor het veral die opvoering van Nel, Beautiful in Beaufort-Wes geniet.
Die geleentheid het by die Klein Karoo Volstruis Emporium plaasgevind en bekendes, Jan van Tonder, skrywer van Roepman en Verevrou, akteurspaar Johan en Lida Botha, Coen Basson, skrywer, en Helena Ewert, plaaslike onderwyseres en digter, het ook die geleentheid bygewoon.
Hierdie novelle-in-versvorm, beskryf in kort verse die ervaringe van 'n tienjarige seun wat in 'n disfunksionele huishouding grootgeword het.
Hy herbesoek die dood van sy ouers asook die huis en straat waarin hy as kind gebly het.
Indien jy belangstel om Visser se boek aan te koop, skakel 083 467 1522 of bestel aanlyn by turksvypublikasies@gmail.com
VIDEO - Gert Vlok Nel en Hannes Visser saam opverhoog (Video: Sonia Wahl).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'