OUDTSHOORN NUUS - Sosiale mede gons sedert die skietvoorval Maandag 29 Desember waar Jermaine en Kaylin Coetzee dood is.
Beide was provinsiale verkeersbeamptes in Oudtshoorn en geliefd onder familie, vriende, kollegas, asook die gemeenskap.
Japie Coetzee wat as woordvoerder vir die Coetzee-familie optree het ‘n persverklaring aan die koerant gestuur vanaf Brenda Coetzee, Jermaine se ma.
“Ons as familie is steeds geskok oor die gebeure van Maandag 29 Desember, waartydens Jermaine en sy eggenote tragies gesterf het. Ons betreur die voorval en wens dat dit nooit gebeur het nie. Daar is baie onbeantwoorde vrae.”
Sy noem dat hulle onthou word as ‘n pragtige paartjie, met harte wat omgee en altyd vol liefde vir ander was.
“Hierdie is egter ‘n baie moeilike tyd vir ons as familie, en benodig ons privaatheid om te rou en alles te verwerk. Derhalwe ons versoek dat mense nie moet bespiegel nie, maar eerder bid vir hul kinders en familie. Ons spreek ons waardering uit teenoor almal wie in hierdie tyd vir ons bid en saam met ons die mooi in die lewe onthou.”
'n Roudiens vir die egpaar vind plaas op Donderdag 8 Januarie om 10:00 in die banketsaal by Oudtshoorn-munisipaliteit.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’