OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Onbekende persone het vanoggend omstreeks 10:30 'n brand voor die ANC-kantore in Adderleystraat gestig.
'n Aantal buitebande is by die ingang aan die brand gesteek.
Die motief vir die brand is nie bekend nie, maar daar word vermoed dit is as gevolg van die ANC se oorwinning in twee wyke in die tussenverkiesing in Oudtshoorn. Dit blyk dat iemand wat ontevrede is met die ANC-oorwinning die brand gestig het.
Geringe skade is aan die buitekant van die gebou aangerig.
Kyk 'n video hieronder:
Geringe skade is aan die buitekant van die gebou aangerig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'