OUDTSHOORN NUUS - Die begraafplaas langs Jubilee Montessori Skool in St. Saviourstraat is Maandag 30 Junie deur EPWP-werkers van die Oudtshoorn-munisipaliteit skoongemaak.
Oudtshoorn Courant het verlede week berig oor die toename in misdaad, oprigting van onwettige strukture, vullisstorting, asook grafskending binne dié begraafplaas.
Die skoonmaakaksie het onder toesig van Ian Avontuur, direkteur gemeenskapsdienste die hele begraafplaas skoongemaak en hordes sakke vullis is verwyder.
Lede van AfriForum, die Noord-buurtwag, asook wyksraadslede sal voortaan hul oog op die gebied hou om toe te sien dat dieselfde probleme nie weer kop uitsteek nie.
VIDEO:
Die oprigting van onwettige strukture en die gebruik van 'n begraafplaas as slaapplek is 'n duidelike oortreding van bestaande munisipale ordonnansies. Hierdie terrein is nie net 'n historiese en kulturele baken nie, maar ook 'n plek van rus en herinnering en verdien beskerming.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’