Update
OUDTSHOORN NUUS - Die ANC se sekretaris in die Wes-Kaap, Faiez Jacobs het vandag bevestig dat Magdaleen Titus se lidmaatskap tydelik deur die ANC opgeskort is.
Jacobs sê die stap is geneem in die lig van die erns van aanklagte teen haar.
'n Finale besluit oor haar lidmaatskap sal geneem word nadat die hofsaak afgehandel is.
Dit beteken dat sy nie verder as raadslid in Oudtshoorn mag dien nie.
Sodra die speaker en die munisipale bestuurder van haar skorsing in kennis gestel word, sal sy as raadslid verwyder word.
Aangesien sy 'n proporsionele raadslid is, en nie 'n verkose een nie, kan die ANC 'n volgende kandidaat in haar plek benoem.
Titus se borgtogaansoek is vandag to Woensdag 21 Februarie uitgestel.
Lees vorige artikels:
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgtogaansoek duur voort
- Weermagmoord: Borgaansoek vandag in hof
- Weermagmoord: Borgtog aan Mooi geweier
- Weermagmoord: Hofsaak uitgestel
- Sterk polisie-teenwoordigheid by borgtogaansoek
- Weermagmoord: Verdagte nader koerant
- Preston Titus met 3rde poging vermoor
- Vermeende baasbrein hoop op borgtog
- Borgtogaansoek teen Mooi uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Verdagtes bly in aanhouding
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'