OUDTSHOORN NUUS - Die 11 verdagtes wat die afgelope naweek deur die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad in hegtenis geneem is, se borgtogaansoek sal Vrydag plaasvind.
Noloyizo Tose, Thabo Mgaba, Sandile Johnson, Ingrid Wagenaar, Ivan Human, Warren Coetzee, Yolande Stalmeester, Phumezo Tshomiso, Samuel van Hansen, Promises Sovasi en Xolile Gaya staan tereg op verbreking van die padverbruikerswet, bedrog en korrupsie.
Van die verdagtes is amptenare van die munisipale verkeersafdeling en ander is betrokke by 'n bestuurskool in Oudtshoorn.
Jacolize Jordaan, staatsaanklaer, het egter gesê dat die staat en die ondersoekbeamptes steeds besig is om die verdagtes se misdaadrekords na te gaan en borgtogprofiele saam te stel.
Al die verdagtes se regsverteenwoordigers was vandag reg en gereed om met die borgtogaansoek voort te gaan en was van mening dat die staat genoeg tyd gehad het om almal se kriminele rekords deur te gaan en die borgtogprofiele saam te stel.
Landdros Jesus Williams het egter gesê dat die verdagtes ernstige aanklagte in die gesig staar en moet die staat genoeg tyd gegun word om hulle feite agtermekaar te kry.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
Vorige artikels:
- 11 In Bedrogsaak verskyn in hof
- Nege persone vas vir bedrog
- Personeel by verkeersdepartement in hegtenis geneem
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'