OUDTSHOORN NUUS - Die bou van die Oudtshoorn Diereherberg (ODH) se aanleg op die Rooiheuwelpad in Oudtshoorn is na die Desembervakansie weer volstoom aan die gang, sê Ansa de Jager van ODH.
ODH het reeds in Julie 2023 begin beplan aan hul eie aanleg sodat diere wat deur hulle by die munisipale skut aangehou is, geskuif kon word. 'n Stuk grond, wat aan hulle geskenk is, is kort daarna skoongemaak, waarna verdere ontwikkeling stadig begin het. Die bou van die aanleg hang hoofsaaklik van skenkings en donasies af.
Oudtshoorn Courant het Maandag 15 Januarie by die aanleg gaan inloer om te kyk hoe hulle vorder en om by De Jager uit te vind wat nog alles gedoen moet word.
'n Hele aantal hokke en "runs" - waarin honde sal kan rondhardloop - is reeds opgerig, met 'n hand vol skuilings wat reeds honde huisves.
Lees meer oor die vordering en toekomstige planne in vandeesweek se uitgawe van Oudtshoorn Courant.
Vorige artikels:
- Oponthoud by munisipale skut en diereherberg
- Verwikkelinge in dierewelsyn
- Oudtshoorn diereherberg bou eie perseel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’