Update
OUDTSHOORN NUUS - Diereliefhebbers van Oudtshoorn het die afgelope week hul ongelukkigheid op sosiale media teenoor die Oudtshoorn-munisipaliteit uitgespreek nadat diere-organisasies wat by die munisipale skut betrokke was, uitsettingsbevele gekry het om die honde wat by die skut gehuisves word na ander persele te skuif.
Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) is reeds sedert 2016 in Oudtshoorn met Colleen Smith aan stuur van sake.
"Die minister van landbou het ook 'n ruk gelede gesê dat die huidige perseel van die munisipale skut 'n gesondheidsrisiko vir die diere inhou en dat dit moet skuif." (Odin) is reeds sedert 2016 in Oudtshoorn met Colleen Smith aan stuur van sake.
Oudtshoorn Diereherberg is in 2021 deur Ansa de Jager gestig. Die twee organisasies is diereliefdadig-heidsorganisasies wat hulle oor die diere in die Oudtshoorn-streek ontferm. Van die diere waarna hulle omgesien het, is by die munisipale skut gehuisves. Tydens 'n mediakonferensie Dinsdag het Oudtshoorn-burgemeester, Chris Macpherson, gesê dat die situasie tot so 'n mate ontwikkel het dat die organisasies die skut heeltemal oorgeneem het en as loseerplek vir hul diere gebruik het.
"Die minister van landbou het ook 'n ruk gelede gesê dat die huidige perseel van die munisipale skut 'n gesondheidsrisiko vir die diere inhou en dat dit moet skuif."
Volgens Macpherson het die raad op 10 Oktober 2022 besluit dat alle organisasies die skut moet ontruim in die proses om 'n nuwe skut regoor die huidige skut op te rig. Dié skut sal slegs deur die munisipaliteit bedryf word en slegs geskutte diere sal daar gehuisves word.
"Die organisasies is tot 10 Maart vanjaar gegun om alternatiewe reëlings vir hul diere te tref. Beide organisasies het vir uitstel gevra en die munisipaliteit het weer 'n vergunning tot 31 Julie gemaak. Die voorwaarde was dat die organisasies gedurende die tydperk alternatiewe huisvesting moet reël en hul diere stelselmatig verminder. Odin het gesê dat hulle in elk geval al hul diere George toe sou skuif."
Oudtshoorn Diereherberg het gesê dat hulle alternatiewe reëlings het, maar het vir verder uitstel gevra omdat hulle 'n perseel gekry het, maar die hokke nog opgerig moet word. Hulle is dus tot September uitstel gegee. Intussen het Odin ook uitstel tot einde Augustus gekry sodat hulle vir die laaste 12 honde verblyf kan kry.
Volgens Macpherson sal Magda Davel, die huidige skutmeester, ook gaan vir kursusse om seker te maak dat haar inspekteurspapiere op datum is.
Odin se reaksie
Smith het die week gesê ten spyte van die feit dat hulle nie meer hul honde by die skut mag huisves nie, gaan hulle nie uit Oudtshoorn onttrek nie.
"Ons het net nie in Oudtshoorn 'n perseel om die diere te huisves nie, maar ons sal nooit ophou werk vir ons diere hier nie. Die nood is eenvoudig te groot."
Volgens haar is daar nog 12 honde wat voor einde Augustus moet huise kry.
"Ons hokke by Tantivvy in George is vol en ons kan hulle nie meer daar huisves nie. Lizelle Mouton en Anemie Church sit ongelooflik baie tyd in Oudtshoorn in om die diere hier te help en aangeneem te kry."
Vir aannemings of tydelike huisvesting van diere kan Mouton by 076 969 8150 of Church by 084 564 1391 gekontak word.
Diereherberg se reaksie
Intussen het Karoo Lusern Maandag ingespring om te help om 'n stuk grond op die Rooiheuwelpad naby die munisipale skut te skraap sodat die diereherberg hul eie skut daar kan vestig.
Volgens De Jager het sy baie moeite gedoen sedert sy die herberg se uitsettings-bevel gekry het om 'n perseel te bekom sodat sy nuwe hokke vir haar honde kon oprig.
"'n Boer het 'n stuk grond geskenk en verskeie individue en besighede het materiaal geskenk vir die hokke. Ons kon net weens die weer wat nie wou saam speel nie, nog nie met die bouwerk begin nie," het sy verduidelik. Volgens haar het hulle onophoudelik gewerk en met eindelose slapelose nagte, bloed, sweet en trane genetwerk vir 'n stuk grond waar hulle 'n skuiling kon bou.
"Ons het nou 'n stuk grond vir ons nuwe perseel, omheining van 520 meter om die eiendom toe te sluit, dakbedekking om 17 hokke te bedek, boublokke om die hokke op te rig en bouplanne wat opgestel word. Die pad was lank en kronkelend, maar ons het nooit opgehou nie. Solank ons 'n verandering kan maak en 'n lewe kan red, een op 'n slag, sal ons voortgaan."
Sy sê die diereherberg se honde wat tans by die skut is sal dan na die nuwe skut oorgeskuif word. De Jager sê sy wil almal bedank wat tot dusver bygedra het om die diereherberg te help om nie die diere in die steek te laat nie.
De Jager kan by 072 070 5977 gekontak word.
Vorige artikels:
- Oudtshoorn Diereherberg bou eie perseel
- Laaste aanmaning vir Odin
- Munisipaliteit gee kennis aan diere-organisasies
Van die honde wat nog aangeneem kan word:
Foto’s: Stefan Goosen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’