Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Masimthembe January (MJ), een van die verdagtes in die Preston Titus-moordsaak wat al 'n geruime tyd deur die polisie gesoek word, is gisteraand (Woensdag 11 April) in hegtenis geneem.
Omstandighede rondom sy arrestasie is nog nie bekend gemaak nie.
Daar word beweer dat hy die persoon is wat die beweerde huurmoordenaars, Justice Mooi, wat reeds borgtog geweier is, en Vusumsi, wat nog soek is, aan Magdaleen Titus voorgestel het.
Die Oudtshoorn Courant het in Februarie berig dat MJ by die kantoor opgedaag het om sy storie te deel. Hy sou homself die volgende dag aan die polisie oorhandig, maar was sederdien 'n voortvlugtige.
Tydens sy besoek aan die koerant het hy gesê dat hy bewus is van die beweringe dat hy Mooi en Vusumsi aan Titus voorgestel het, maar hy het dit ontken.
Lees die volledige berig in môre se koerant, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Natasha Stuurman kry borg
- Stuurman doen aansoek om borg
- Weermagmoord: Natasha Stuurman-borgtogaansoek vandag
- Weermagmoord: Borgtog geweier
- Weermagmoord: Geen borg vir Magdaleen Titus
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Borgtogaansoek steeds aan die gang
- Weermagmoord: Gerugte oor arrestasie onwaar
- Polisgeld dalk moordmotief
- ANC skors Magdaleen Titus tydelik
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgtogaansoek duur voort
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'