Update
OUDTSHOORN NUUS - Jude Egbuna, die buitelander wat Dinsdag in Adderleystraat vir handel in dwelms in hegtenis geneem is, het vandag sy eerste verskyning in die Oudtshoorn-landdroshof gehad.
'n Operasie is Dinsdag by sy huurhuis deur verskillende eenhede van die polisie uitgevoer en dwelms met 'n straatwaarde van R500 000 is gekonfiskeer.
Sy saak is na 19 November vir 'n borgtogaansoek uitgestel.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'