Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Tydens 'n gesamentlike operasie van verskeie eenhede van die SAPD is daar vanoggend omstreeks 10:00 op 'n huurhuis in Adderleystraat toegeslaan.
Na meer as drie ure het die huurder van die huis, 'n buitelander, in boeie en onder polisiebewaking uit die huis gekom.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant, wat bykans twee ure op die toneel was, kon kry is 'n groot hoeveelheid dwelms in 'n buitegebou gevind.
Sover vasgestel kan word, word die huis deur 'n buitelander gehuur waar hy met sy vrou en drie kinders woon.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is tik, mandrax en kontant in die huis gevind. Dit is nog nie duidelik wat die waarde van die dwelms is nie.
Visser het bevestig dat 'n 34-jarige man in hegtenis geneem is vir handeldryf in dwelms.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Liezl van Niekerk:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'