Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n voormalige verkeersbeampte van die Oudtshoorn-munisipaliteit wat van korrupsie aangekla word, is verlede week in die streekhof vir verhoor tot Augustus uitgestel.
Marshall Wagenaar staan tereg op twee aanklagte van korrupsie nadat hy na bewering in April 2017 onderskeidelik R2 500 en R3 500 van twee broers, Johannes en Nicolas Mulder, ontvang het vir vroeër datums om hul swaarmotorvoertuiglisensies te bekom.
Die staatsaanklaer, Willem Vister, het die hof meegedeel dat die klaers nie na Oudtshoorn kon kom nie en het vir uitstel gevra.
Wagenaar se regsverteenwoordiger, Vaughn Shone, het die hof vir 'n finale uitstel gevra omdat die saak nou reeds lank sloer.
Streeklanddros Ntsoki Moni, het die saak daarna tot 7 Augustus uitgestel.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'