Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n verkeersbeampte van Oudtshoorn-munisipaliteit, wat van korrupsie aangekla word, is verlede week in die streekhof uitgestel nadat sy regsverteenwoordiger hom aan die saak onttrek het.
Marshall Wagenaar (40), staan tereg op twee aanklagte van korrupsie na hy na bewering in April 2017 by twee geleenthede gratifikasie van onderskeidelik R2 500 en R3 500 van twee broers, Johannes en Nicolas Mulder, ontvang het vir vroeër datums om hul swaarvoertuiglisensies te bekom.
Wagenaar se regsverteen-woordiger, Christo van der Bergh, het die hof meegedeel dat hy hom aan die saak onttrek waarna streeklanddros Retha Pretorius die saak tot 21 Februarie uitgestel het vir Wagenaar om 'n nuwe regsman aan te stel.
Lees 'n vorige artikel: Verkeersman voor oor korrupsie
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'