OUDTSHOORN NUUS - 'n Verkeersbeampte van die Oudtshoorn-munisipaliteit, Marshall Wagenaar (40), het Maandag vlugtig in die hof op twee aanklagte van korrupsie verskyn.
Wagenaar word daarvan aangekla dat hy in April 2017 by twee geleenthede kontant van onderskeidelik R2 500 en R3 500 van twee broers, Johannes en Nicolas Mulder, ontvang het in ruil vir die vervroeging van datums om hul swaarmotor-voertuiglisensies te bekom.
Landdros René Gerber het die saak vir verhoor in die streekhof tot 14 Maart uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'